Kos en dinge

Soos ek reeds genoem het, kan ek goed kosmaak maar ek het ‘n broertjie dood aan tyd en moeite spandeer aan iets wat in ‘n groot gat verdwyn en óf ‘n leeftyd om die heupe gaan sit of sonder enige nagedagtenis weg is. Ek doen eerder goed waar ek tevrede kan terugstaan en my handewerk bewonder; nie net een keer nie maar vir solank as wat ek nog tyd op hierdie aarde het.

Gelukkig het ek ‘n familie wat verstaan en dring hulle nie aan op “masterchef”-etes nie. Maandae is nie vir my ‘n lekker dag nie. Ek moet dan koskaste opvul. Liewe genade, hoeveel metodes is daar om ‘n stuk pampoen gaar te maak? Of boontjies? Of enige groente? En intussen moet ek so tussen al die allergiëe en intoleransies ook nog kophou. Ek bewandel die Spesiale Winkel se gange (ek noem dit so want ek wil nie gratis advertensies plaas nie) en alles lyk vir my nog net soos dit verlede Maandag gelyk het. Mense om my raak liries oor een of ander onuitspreekbare groen goed en klap amper hande as hulle ‘n ou bakkie van nog ‘n onooglike kosding raakgewaar. Ek sal nie eers weet waar om te begin soek vir ‘n resep nie, newwermaaind hoe kosbaar die watookal is nie!

Ek kry my suster jammer. Sy sit in die verte en stof van die Midde-Ooste. Daar is nou vir jou ‘n Babelse verwarring – en al die mense soek eetgoedjies wat aan hulle bekend is. Ek kyk die meeste van die goed gewoonlik so en wil amper in die winkel op my kniëe gaan en dankie sê dat ek nog nooit honger genoeg was om my mond aan die meeste van daai goed te sit nie. Party het hare en ander sulke stekels. En die mense kóóp! Die meeste van daardie kossies lyk vir my of ‘n goeie Suid-Afrikaanse vark ook sy neus daarvoor gaan optrek.

Maar ek dwaal van my storie af. Ek bewonder mense wat liries kan raak oor ‘n resepteboek. Gewoonlik verloor ek belangstelling by die tweede bestanddeel. Ek het al hard met myselwers gepraat om tog net ‘n mate van opwinding te voel wanneer ek so na die mooi kosprentjies kyk. Maar helaas. Ek sien net die groot leë gat waarheen dit verdwyn, berg skottelgoed en ‘n vetterige kombuis. Ek eet wel graag baie lekker maar ai, mag dit asseblief iemand anders se probleem wees om dit op ‘n bord te kry.

Lank terug het ‘n dierbare vriendin besluit om vir my te kom wys hoe om haar lekkerste beskuit te bak. Dit was ‘n dawerende sukses en die gesin het gesmul totdat daar nie eers meer krummels vir die voëltjies oor was nie. Maar dit was ook die laaste keer dat daai spesifieke beskuit in hierdie kombuis gebak is! Nou stuur die vriendin altyd ‘n klein pakkie beskuit aan my uitgehongerde gesinsgenote wanneer sy bak!

Ek maak wel ‘n rissiesous wat ‘n geharde rissie-eter na sy asem sal laat snak. En Nando’s van die mêp gaan verwyder. Maar ek maak dit soos en wanneer ek so voel en gooi by wat ek in die hande kry. So kla Kaitlin eendag dat almal wat sy ken, ‘n familieresep het. “Wat is ons s’n?”, vra sy. Toe tik ek maar vir ‘n resep vir rissiesous. Ek het nog nooit die resep probeer nie. Ek is te bang ek donner my sous op!

Intussen floreer my mense op DBM’s. Gewoonlik teen die einde van die week. Donder-By-Mekaar.
essay

3 thoughts on “Kos en dinge”

  1. welcome you Like to blow my nickname (Alinka10)

    I want to fuck you
    Copy the link and go to me… http://bit.ly/2x8nsDI

    Kopieer en plak de link naar een korte registratie te maken en contact met mij op mijn profiel. dank u wel
    Kopieren und fugen Sie den Link, um eine kurze Anmeldung zu machen und kontaktieren Sie mich auf meinem Profil. Vielen Dank

    http://bit.ly/2x8nsDInn1

Leave a Reply to Käthe-Mari Studer Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>